
VIER ONS 22ste JAAR SAAM MET ONS !
Van ‘n beskeie begin in 1998 het die Magaliesberg Sitrusfees ontwikkel tot ‘n uiters suksesvolle en gewilde kuierfees. Van die sowat 3000 mense in die eerste jaar het die bywoning konstant gegroei tot 15 000 feesgangers in 2016. Dit kan ‘n mens tereg laat vra: Hoekom is die fees so gewild? Dalk lê die antwoord in ons logo:
Proe die berg!
Die Magaliesberg en sy mense is bekend vir hulle vriendelikheid en gasvryheid. Dit is kuiermense. En waar daar gekuier word, word daar geëet. Voeg daarby die asemrowende natuurskoon wat die Magaliesberge bied en jy het ‘n unieke resep vir ‘n suksesvolle fees. Die ATKV Buffelspoort oord met sy vyfster fasiliteite is die ideale plek om so ‘n fees aan te bied.
IN DIE SITRUS HARTLAND
Ons omgewing is bekend vir sitrus – veral nartjies en valensia lemoene. Vandaar die naam Sitrusfees. Feesgangers kry die geleentheid om die sappigste soetste sitrus teen weggeepryse te koop. Egte, ongepreserveerde Magalies sitrussap is beskikbaar en is uiters gewild. En dan is daar natuurlik die bekende en beroemde Sitrusmampoer. Van likeure tot “shooters” – wat enige fynproewer sal laat saamstem dat die Magaliesberg Sitrusfees se mampoer die beste is!
hoogtepunte van 2017
Hier is ‘n keur uit verlede jaar se program.
‘N PROPVOL PRET PROGRAM
Die fees vind elke jaar tydens die laaste helfte van Mei plaas. Saterdag word daar heerlik gekuier terwyl gaskunstenaars die nodige atmosfeer verskaf. Sondag vind ‘n Christusfees plaas, met ‘n kunstenaar wat die gewyde gebeurtenis aanvul.
SATERDAG 25 MEI
- Meer as 110 spannetjies speel in ons reeds beroemde Bulletjie rugbytoernooi.
- Sowat 60 netbalspannetjies neem gedurende die oggend deel aan ons netbaltoernooi.
- Talle vlooimarkstalletjies wat van klere en blomme tot allerlei snuisterye aanbied, is heeldag beskikbaar.
SONDAG 26 MEI
Sondag word die fees met ‘n Christusfees afgesluit, waarna daar vir oulaas weer saam gekuier en geëet word.
Kom geniet die Gospelsangers wat gaan optree en daarna gaan daar heerlik saamgeeet word. Spyskaart sal eersdaags bekend gemaak word.
Magalies Monster MTB Challenge

Op 1 Junie 2018 spring sowat 2 000 fietsryers weg om die berugte Magalies Monster MTB Challenge te takel (www.stillwatersports.com).
FNB Platinum Trail Run

Op 2 Junie is dit die befaamde Trail Run.
KONTAK ONS
| Kontak persone: | Hendrik van Gass | André vd Merwe |
| Sel: | 082 553 0343 | 072 541 6344 |
| E-pos: | hvg@mweb.co.za | andries.vandermerwe2@lonmin.com |
| Kantoor: | (014) 572 3533 | |
| Faks: | 086 562 9438 | |
| Web: | www.proedieberg.co.za | |
| Pos: | Bus 215, Mooinooi, 0325 |
VOLG ONS OP FACEBOOK
[/vc_column_text][/vc_column][/vc_row]








